1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Lotto-wengeld as meevallertjie en aanwasdeling by huweliksontbinding : aantekeninge

USD

 

Abstract

Die huweliksvermoënsreg moet noodgedwonge tred hou met die veranderende sosiale milieu waarbinne die huweliksgenote leef. Ongeag die afkeer van sommige kerke en geloofsgenootskappe aan kansspele en weddenskappe in die besonder, het onder verskillende dekmantels die eens relatief dobbelvrye Calvinistiese Suid-Afrikaanse samelewing plotseling gedurende die laaste anderhalf dekade dermate verander dat ook hier sprake is van 'n nasionale lotery en 'n veeltal ander kans- en krapspele wat almal aan liggelowige deelnemers 'n kans op die miljoene voortower. Vir juriste met 'n belang in die afwikkeling van die huweliksvermoënsregtelike bedeling by beëindiging van die huwelik hetsy weens dood of egskeiding laat dit die vraag oop of enige "wengeld" weens deelname aan 'n erkende geluk- of dobbelspel soos die nasionale Loterytrekking (ook bekend as 'n LOTTO-trekking), vir doeleindes van die berekening van "aanwas" binne 'n huweliksgoedereregtelike bedeling wat deur hoofstuk 1 van Wet 88 van 1984 beheers word, wel as "aanwas" gereken behoort te word in die Suid-Afrikaanse reg. Dit is eintlik verbasend dat die gerapporteerde hofverslae nog geen aanduiding bevat dat die aspek vir oorweging voor die hof beland het nie. Soos die toeval egter 'n deurslaggewende rol in alle kansspele speel, kan geld daarop verwed word dat dit egter een of ander tyd wel sal opduik.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2004/2/EJC54896
2004-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error