1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Additional assessments, interest and penalties under the Income Tax Act 58 of 1962 : the boundaries defined

USD

 

Abstract


Die Suid-Afrikaanse inkomstebelastingdiens reik dikwels addisionele aanslae uit ingevolge waarvan rente en boetes gehef word. Addisionele belasting kan egter net in beperkte gevalle uitgereik word indien 'n periode van drie jaar na die dag van die oorspronklike aanslag verloop het. Indien die Suid-Afrikaanse inkomstebelastingdiens buite sy magte optree, kan belastingbetalers die addisionele aanslag op hersiening neem. Alhoewel die Inkomstebelastingwet 58 van 1962 die omstandighede wanneer belastingbetalers rente op uitstaande belastings moet betaal duidelik vermeld, is die wet geensins duidelik wanneer rente op terugbetalings aan belastingbetalers betaal moet word nie. Regspraak dui daarop dat die Suid-Afrikaanse inkomstebelastingdiens slegs rente hoef te betaal vanaf die oomblik dat dit is. Die wet verskaf ook geen duidelike riglyne met betrekking tot die omvang van addisionele belasting wat gehef mag word nie. 'n Ontleding van regspraak dui daarop dat 'n verskeidenheid van faktore in ag geneem word om te bepaal of die diskresie om nie van die geheel van die 200% boete afstand te doen nie, korrek uitgeoefen is. Waar beide kriminele en siviele stappe teen 'n belastingbetaler geneem word, kan die belastingbetaler moontlik die verweer van "double jeopardy" opper.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2004/2/EJC54901
2004-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error