1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Mandament van spolie en enkele ongewone gevolge : regspraak

USD

 

Abstract

Die tersake feite soos weergegee in die gerapporteerde uitspraak op appèl na die volbank van Natal kan kort gehou word: A het uit hoofde van 'n ooreenkoms met Spoornet advertensieborde op laasgenoemde se grond binne die groter Durban-gebied opgerig. N as plaaslike owerheid het steunend op sy verordeninge wat betrekking het op die oprigting van konstruksies, aan A veertien dae kennis gegee om die borde te verwyder aangesien dit sonder sy voorafverkreë toestemming opgerig is. Aangesien A nagelaat het om die borde in die toegelate twee weke af te takel, het die stadsraad se amptenare op 2 Mei 2000 ooreenkomstig artikel 7(3) van dieselfde verordening die advertensieborde self afgetakel en verwyder. A het daarop hom onsuksesvol tot die hof gewend vir 'n mandament van spolie. Teen gemelde afwysing op 23 Mei 2000 van die aansoek om 'n mandament deur waarnemende regter Hemraj is na die volbank van Natal geappèlleer. Die eenparige uitspraak van die hof geskryf deur regter Levinsohn is in die guns van die appellant pas op 26 Augustus 2003 gelewer - dit is byna drie en 'n half jaar later.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2004/3/EJC54910
2004-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error