1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - When sisters are doing it for themselves : sexual harassment claims in the workplace

USD

 

Abstract


In hierdie artikel word begin met die uitgangspunt dat seksuele teistering in die werkplek niks nuut is nie en dat dit waarskynlik nog in die voorsienbare toekoms sal voortbestaan. Daar word geïllustreer dat hierdie onaanvaarbare optrede internasionaal asook nasionaal nie in werkplekke geduld word nie en dat slagoffers (dikwels vrouens) al hoe meer hul werkgewers aanspreeklik hou vir die inbreukmaking op hul regte. Die begrip "seksuele teistering" word weer oorweeg met verwysing na regspraak en die 55 van 1998 en die relevante Kode van Goeie Praktyk: Seksuele Teistering in die Werkplek. Die verskillende regsgronde vir aanspreeklikheid vir seksuele teistering word dan ontleed. Die skrywers meen dat verdere debat nodig is oor die mees gepaste eisgrond (en remedies) vir sodanige optrede. Die mees gepaste eisgrond sou dié een wees wat regsekerheid bevorder en billik is teenoor die slagoffer asook dié werkgewer wat daadwerklik optree sodra dit tot sy / haar kennis kom dat die gewraakte handelinge in die werkplek plaasvind. Ten slotte poog hierdie artikel om 'n stap verder te gaan as in tradisionele besprekings oor die onderwerp en ook te ondersoek hoe die risiko van seksuele teistering in die werkplek deur werkgewers benader kan word. Bogenoemde bespreking vind plaas met verwysing na twee onlangse sake met vergelykbare feite, welke sake in verskillende forums en op verskillende eisgronde gefigureer het.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2004/3/EJC54914
2004-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error