1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - "Identity theft" : the mirror reflects another face

USD

 

Abstract


In hierdie bydrae word die wêreldwye en groeiende tendens van "identiteitsdiefstal" bespreek. Die term "identiteitsdiefstal" word in leketaal gebruik om die misbruik van 'n ander persoon se identiteit in die pleging van misdade te omskryf. Alhoewel "identiteitsdiefstal" nie 'n nuwe verskynsel is nie, kan daar in die elektroniese milieu makliker toegang verkry word tot persoonlike besonderhede soos 'n adres, bankrekeningnommer of identiteitsnommer as wat die geval was voor die aanbreek van die elektroniese era. Daar word gekonsentreer op die vraag of inligtingsekuriteit benut kan word in die bekamping en voorkoming van "identititeitsdiefstal" en die misdrywe wat daaruit voortvloei en indien wel, tot welke mate inligtingsekuriteit 'n rol te vervul het in die verband. Hierdie vraag word bespreek aan die hand van drie interafhanklike kwessies, te wete: a) die regsposisie in die Suid-Afrikaanse strafreg met betrekking tot die pleging van "identiteitsdiefstal"; b) die effektiwiteit van inligtingsekuriteit ter voorkoming van sodanige optrede; en c) die rol van inligtingsekuriteit in die identifisering van die pleging van die misdryf en die identifikasie van die verdagte.
Die term "identiteitsdiefstal" is misleidend aangesien daar nie so 'n misdryf in die Suid-Afrikaanse strafreg bestaan nie. Alle aanduidings is dat die verkryging en aanwending van persoonlike besonderhede of identiteit vir misdadige oogmerke binne die konteks van die elektroniese milieu eerder sal toeneem as afneem en gevolglik sal Suid-Afrika in lyn met die res van die wêreld ernstig aandag moet skenk aan die gebruik van inligtingsekuriteit in die ondersoek van misdade wat hiermee verbandhou en die vervolging van individue wie hulself daaraan skuldig maak.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2004/3/EJC54915
2004-01-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error