1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - "Living in the margins of history on the edge of the country" - legal foundation and the Richtersveld community's title to land (part 2)

USD

 

Abstract

Elkeen van die verskillende regsbankbeslissings oor die Richertersveld-eis vir die teruggawe van grondregte weerspieël sekere opvattings oor die "plek" van hierdie inheemse gemeenskap in die Suid-Afrikaanse geskiedenis en op Suid-Afrikaanse grondgebied. Die beslissings maak sekere aannames oor die uniekheid van hierdie gemeenskap se aanspraak op dit wat nog altyd aan hulle behoort het. Hierdie opmerking vorm die vertrekpunt van die huidige bydrae: die mate waartoe kwessies rondom soewereiniteit en territorialiteit vermeng en sodoende die oënskynlike "unieke" situasie van die Richtersveld gemeenskap onderskraag, veral waar dit gaan oor die toepassing van die Wet op die Teruggawe van Grondregte.


Die argument, in breëtrekke, is dat 'n eng restitusie-geörienteerde fokus op hierdie tipe eise veroorsaak dat die onderliggende kwessies rondom aanmatigende soewereiniteit, hetsy van 'n koloniale of meer modern-demokratiese aard, oor die hoof gesien word. In Suid-Afrika word hierdie vraagstukke verder verdoesel deur die onderbewuste poging om etnisiteit te koppel aan die eise van grondteruggawe. Die gevolge van hierdie benadering word aan die kaak gestel. In hoofsaak behels dit dat inheemsregtelike titel, ongeag die wyse waarop dit beskryf of benaam word, ook in Suid-Afrika slegs 'n ondergeskikte rol sal en kan speel, en dat selfs goed-bedoelde pogings om hierdie tipe aansprake in die Suid-Afrikaanse konteks te onderskei van soortgelyke aansprake in ander jurisdiksies nie bydra tot de-marginalisering van die gemeenskappe wat hulself op die basis van hierdie tipe grondbeheer organiseer nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2004/3/EJC54916
2004-01-01
2016-12-02
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error