1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Equal educational opportunities in South Africa : the constitutional framework

USD

 

Abstract


Die bevordering van gelyke onderwysgeleenthede is krities belangrik vir die verbetering van miljoene mense se lewenskwaliteit. Die waarde van onderwys ter voorbereiding vir die lewe, vir sinvolle interaksie met ander, vir opbouende burgerlike en politieke betrokkenheid en vir suksesvolle ekonomiese deelname staan bo verdenking. Soos verklaar in , is onderwys "the very foundation of good citizenship". Hierdie bydrae fokus op die grondwetlike raamwerk waarbinne gelyke onderwysgeleenthede in Suid-Afrika nagestreef word. Artikel 29 van die grondwet, wat vir die onderwysregte voorsiening maak, en artikel 9, die gelykheidsbeginsel, sowel as die wisselwerking tussen hierdie bepalings, word in diepte behandel. Die gevolgtrekking word gemaak dat, ten spyte daarvan dat die grondwetlike raamwerk in plek is, 'n lang padnog voorlê voordat onderwysgeleenthede geskep sal wees wat leerders met verskillende agtergronde, behoeftes, vermoëns en voorkeure in staat stel om hulle potensiaal binne die kompleksiteite van die moderne samelewing te bereik. 'n Bomenslike poging sal aangewend moet word om voldoende toegang tot onderwysgeleenthede te verskaf vir daardie miljoene mense wat deur die bose kringloop van armoede, siektes en hopeloosheid gekniehalter word.
'n Balans moet ook gevind word tussen die grondwetlike waardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Aspekte van huidige onderwysbeleid gee nie erkenning hieraan nie, en ook nie aan die taal- en godsdiensverskeidenheid in die land nie. Beleid wat hierdie diversiteit ontken en eenvormigheid in die naam van gelykheid afdwing, sal op die lange duur misluk, omdat 'n verenigde nasie nie gebou kan word deur die boustene wat daarvoor nodig is, te verwerp nie. Aangesien sulke beleidsrigtings mense marginaliseer en hulle selfrespek en self-waarde ontken, raak dit hulle menswaardigheid. 'n Helderder begrip is nodig van wat nasiebou beteken, en in die strewe na die erkenning van elkeen se gelyke waarde en self-waarde, moet besef word dat gelykheid 'n ontwykende droom sal bly as mense se uniekheid geïgnoreer word, en as nagelaat word om gelykheid binne die konteks van verskeidenheid na te streef. In die finale instansie is dit 'n strewe na menswaardigheid eerder as gelykheid. Dit is waaroor gaan, en dit is waaroor demokrasie in Suid-Afrika behoort te gaan.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2004/3/EJC54920
2004-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error