1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Law as dialogical politics

USD

 

Abstract


In hierdie artikel word die onderskeid tussen die reg en politiek op kritiese wyse ondersoek aan die hand van professor Frank Michelman se werk in hierdie verband. Daar word gekyk na twee moontlike reaksies op Michelman se kontensieuse stelling dat die reg ten beste verstaan kan word as 'n soort politiek: aan die een kant die tradisionele siening dat die reg teen die korrupte en irrasionele invloed van die politieke wêreld geïnsuleer behoort te word en, aan die ander kant, die meer radikale standpunt dat die reg 'n onvanpasde en eng werkstuk is om meeste gemeenskaps-probleme mee op te los en dat daar teen die "juridifisering" van die samelewing gewaak moet word. Daar word aangetoon dat alhoewel Michelman se geïdealiseerde siening van die reg en van politiek betreklik oortuigend voorkom, dit nie 'n aanvaarbare antwoord op die vraagstuk van pluralisme verskaf nie. Dit is nodig dat die regstelsel aan eksterne kritiek blootgestel word sonder dat die eksterne gesigspunt op sy beurt in ideologie verval. In hierdie verband word voorgestel dat radikale kritiek van die regstelsel moontlik is vanuit die perspektief van elke enkelvoudige individu wat "voor die reg" staan en dat die etiese vrae van billikheid en geregtigheid sodoende die "waarde-vrye" objektiwiteit van die regstelsel kan ondermyn.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2004/4/EJC54930
2004-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error