1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The South African common law into the twenty-first century

USD

 

Abstract


Die artikel ondersoek of 'n bestaan ten aansien van die vraag wat ons gemenereg behels, en vervolgens waarom daar so baie verskillende opvattings oor hierdie onderwerp is, en of die huidige regsopleiding die gemenereg bevorder.
Die volgende paradigmas word ontleed: die beperking van die "gemenereg" tot die reg van Holland gedurende die sewentiende en agtiende eeu; die ; die Engelse presedente; die gedagte dat die gemenereg in Suid-Afrikaanse gewysdes gevind word; die dinosaurus-paradigma en die oortuiging dat die gemenereg nie deur die grondwet beinvloed word nie.
Daar word aan die hand gedoen dat die gemenereg gevorm word deur die ou-Hollandse reg soos opgeneem en ontwikkel in Suid-Afrika gedurende die negentiende, twintigste en een-en-twintigste eeu. Hierdie siening vind steun in artikel 39(2) van die grondwet, wat die gemenereg as 'n lewende en ontwikkelende deel van die reg beskou en nie as 'n geslote stelsel uit die verlede nie.
Die oorsaak vir die verskeidenheid van paradigmas word toegeskryf aan die regsopleiding wat die gemenereg afskeep ten gunste van sogenaamd meer "belangrike" en "praktiese" kursusse. Die vier-jaar LLB-graad hou nie rekening met die verskillende kompetensies en aspirasies van regstudente nie en daar was en is altyd 'n politieke dimensie aan die wysiging van die regsopleiding verbonde. Ten slotte word aan die hand gedoen dat die voornemende regstudente aangemoedig behoort te word om 'n studie vir 'n BA-Regte as voorgraad plus twee jaar LLB as nagraadse opleiding te oorweeg omdat dit tot 'n groot mate reg laat geskied aan die onderliggende voorvereistes vir 'n oorwoe omgang met die gemenereg.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2005/2/EJC54959
2005-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error