1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Open-space systems in urban land-use planning - invaluable assets in conserving the environment and enhancing the quality of life

USD

 

Abstract


Oop ruimtes in en om ons stede en dorpe is dikwels verwaarloos en besoedel en moet padgee voor ontwikkeling. Omdat daar baie voordele aan 'n stelsel van oop ruimtes verbonde is behoort 'n oopruimtestelsel 'n integrale deel van die grondgebruikbeplanningstelsel te vorm. Eerder as om huiwerig wees om sulke stelsels te implementeer, moet munisipaliteite die besondere voordele besef.
Sekere munisipaliteite in Suid-Afrika begin om oopruimtestelsels te ontwikkel, oa Durban, Kaapstad, Johannesburg, Pietermaritzburg, Port Elizabeth, Oos Londen, Bloemfontein, Empangeni en Port Alfred.
Onlangse omgewingswetgewing soos die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur: Beskermde Gebiede 57 van 2003, wetgewing wat die funksies van munisipaliteite reel veral ten opsigte van geintegreerde ontwikkelingplanne soos die Wet op Plaaslike Owerhede: Munisipale Stelsels 32 van 2000 en grondgebruikbeplanningswetgewing soos die ontwerp kan gebruik word as raamwerk vir die totstandkoming en implementering van so 'n oopruimtestelsel.
'n Oopruimtestelsel bestaan uit verskeie komponente. Daar sal besluit moet word watter soort oopruimtestelsel toepaslik is - moet dit 'n eenvoudige stelsel wees waar net sekere areas as ekologies, sosiaal, institusioneel, landbou, onderwys, toerisme of erfenis gekategoriseer word of moet daar 'n omvattende oopruimtestelsel daargestel word.
Oopruimtestandaarde sal moet bepaal of oop ruimtes opsy gesit moet word op grond van demografiese, sosiale, kulturele of ekonomiese faktore. Sekere oop ruimtes moet dan verklaar word waar dit belangrik is om hulle te bewaar vir menslike, sosiale, kulturele of ekonomiese ontwikkeling.
'n Voorvereiste vir 'n stelsel van oop ruimtes is behoorlike bestuur. Die komponente van bestuur is 'n beheerliggaam om die stelsel te administreer binne die raamwerk van die grondgebruikstelsel, 'n inventaris wat grense, kategoriee, spesiale gebruike, gebruiksbeperkings of beheermeganismes van toepassing moet aandui en oopruimtebestuursplanne wat die doelwitte vir die spesifieke area, toepaslike norme en standaarde, sonering en ontwikkelingsplanne moet bevat. Onderliggend aan 'n oopruimtestelsel is gemeenskapsdeelname.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2005/2/EJC54961
2005-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error