1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - A new international law on foreign investment

USD

 

Abstract


Die ontwikkeling van en snelle groei in die sluiting van bilaterale beleggingsverdrae het tot gevolg dat 'n nuwe stel internasionale regsreëls met betrekking tot beleggingskontrakte tussen buitelandse beleggers en gasheerstate aan die ontwikkel is. Weens die skepping van die Internasionale Sentrum vir die Beslegting van Beleggingsgeskille deur die Washingtonse Konvensie in 1965 (ICSID), word daar tans aan individue die reg verleen om, in geval van geskille wat direk vanuit 'n beleggingskontrak voortspuit, en indien die betrokke state lidstate van die konvensie is, die geskil met die staat by die sentrum aanhangig te maak. Hiermee word die individu dus van internasionale regspersoonlikheid voorsien en kan dus op die internasionale vlak in eie naam teen 'n gasheerstaat optree. Hierdie reëling geld in alle gevalle waar die gasheer- en die tuisstaat lede van ICSID is. Bilaterale beleggingsverdrae bevat in die grootste meerderheid van gevalle ook uitdruklike geskilbeslegtingsklousules ingevolge waarvan geskille wat op die beleggings uit hoofde van die verdrag betrekking het, na die een of ander vorm van internasionale arbitrasie verwys moet word, meestal na ICSID. Die hoeveelheid arbitrasietoekennings wat deur die internasionale arbitrasietribunale gelewer word en die feit dat die arbitrasietribunale mekaar se toekennings in ag neem, gee daartoe aanleiding dat 'n magdom regspraak oor internasionale beleggingsreg aan die ontwikkel is. Deur die ontwikkeling van die regspraak is daar ook bepaalde regsreëls aan die ontwikkel wat eie is aan internasionale beleggings. Hierdie ontwikkeling is so dinamies dat 'n mens kan begin praat van die ontwikkeling van 'n nuwe internasionale reg insake beleggings.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2005/3/EJC54972
2005-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error