1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Immunity, human rights and international crimes

USD

 

Abstract


Tradisioneel geniet state en staatsamptenare absolute immuniteit in vreemde howe. Daar word egter tans in die internasionale reg aanvaar dat die immuniteit gekwalifiseer word met betrekking tot state se handelsbedrywighede.
Huidig word 'n neiging bespeur ten gunste van 'n verdere kwalifisering van die immuniteitsreël met betrekking tot die oorskryding van menseregte wat binne die kader van val. Hierdie neiging was waarneembaar met betrekking tot die strafregtelike prosesse in die -saak waar die geweier het om die beroep op immuniteit namens die voormalige staatshoof as diktator van Chile te handhaaf. Daarenteen het die internasionale geregshof in die -saak, tussen die Demokratiese Republiek van die Kongo en Belgie, beslis dat die minister van buitelandse sake van die DRK inderdaad voor 'n plaaslike hof immuniteit teen vervolging geniet het ten aansien van misdrywe teen die mensdom. Die beslissing van die Europese geregshof in die -saak is eweneens 'n terugslag vir gekwalifiseerde immuniteit in die geval van misdrywe teen die mensdom. In dié saak het die hof bevind dat Koeweit immuun is in siviele litigasie met betrekking tot 'n klag van marteling. Onlangs het die Engelse beslis dat 'n amptenaar van die Saoedi-Arabiese regering geen immuniteit geniet met betrekking tot 'n klag wat met marteling verband hou nie.
Die kwalifisering van die immuniteitsreël vertoon tans 'n erg gefragmenteerde beeld, maar daar is sprake van 'n toename in die getal gedinge wat in plaaslike howe gevoer word en wat hul oorsprong het in oortredings van menseregnorme deur staatsamptenare en regerings. Dit wil voorkom of dit bloot 'n kwessie van tyd is eer die sogenaamde immuniteitsreëls in al hierdie gevalle dermate gekwalifiseer sal wees om vervolging vir die misdrywe moontlik te maak.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2005/3/EJC54976
2005-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error