1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Civil liability for gross human rights violations

USD

 

Abstract


Die idee van 'n sivielregtelike remedie vir ernstige skendings van fundamentele regte en vryhede as 'n bykomende afdwingingsmeganisme het in die jongste tyd aan prominensie gewen. Ook die pogings om siviele eise in Amerika teen Suid-Afrikaanse en ander maatskappye vir hulle beweerde ondersteuning van die apartheidsregering in te stel, het plaaslik heelwat reaksie uitgelok en selfs die huidige Suid-Afrikaanse regering gedwing om standpunt oor die saak in te neem. In hierdie artikel word die ontwikkeling van siviele remedies en die probleme wat litigante in die gesig staar ondersoek binne die raamwerk van die internasionale verpligting wat state het om in hulle onderskeie nasionale regstelsels vir ernstige skendings beskikbaar te stel. Aan die hand van regspraak en ander ontwikkelings in die VSA, Europa en Suid-Afrika word die aandag ook gevestig op die vele prosesregtelike en ander hindernisse wat in die weg van siviele eise le.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2005/3/EJC54978
2005-01-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error