1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - American foreign policy : prejudices and responsibilities of the sole surviving superpower in the world

USD

 

Abstract


Die internasionale aansien van die Verenigde State beleef tans 'n besondere laagtepunt. Die buitelandse beleid van die Amerikaanse regering word gekenmerk deur 'n bepaalde ingesteldheid, waarvan verskeie algemene kenmerke aanmerklik is. In die verlede het Amerika homself dikwels van volkeregtelike instellings en verdrae geisoleer, maar in meer resente tye het die isolasiebeleid plek gemaak vir Amerikaanse uitsonderlikheid : 'n aanspraak dat die Verenigde State nie aan volkeregtelike norme of internasionale beregtiging onderworpe gestel moet word nie. 'n Prerogatief van dispensasie kom die Verenigde State toe - so word gangbaar aangevoer - uit hoofde van sy status as die enigste oorblywende supermoondheid met die daarmee gepaardgaande verpligting om verantwoordelikheid vir die behoud van internasionale vrede te aanvaar. Die Verenigde State ly verder aan 'n vervolgingskompleks : sy leierskapsposisie en algemene voortreflikhede maak dat ander state daarop uit is om allerlei beuselagtige aanklagtes teen die land aanhangig te maak. Amerika verhef verder sy eie (gewaande) nasionale belange bo enige volkeregtelike verpligting. Amerika eien vir homself 'n messiaanse missie toe om, desnoods met militere geweld, die wereld van "barbaarse" bewindhebbers te bevry. Dit gaan op sy beurt gepaard met 'n aanmatigende gevoel van eiegeregtigheid.
Hierdie vooroordele gee beslag aan menige ongevoeglike vergrype : sedert 1985 weier die Verenigde State om hom aan die jurisdiksie van die Internasionale Geregshof te onderwerp. Die Verenigde State versuim op 'n gereelde grondslag om sy volkeregtelike verpligting ingevolge 'n bepaling in die Weense Konvensie met betrekking tot Diplomatieke Verhoudings na te kom wat hom verplig om die konsulaat van 'n land in kennis te stel indien 'n burger van daardie land in die Verenigde State op ernstige aanklagtes tereg moet staan, en verontagsaam bevele van die hof en van die Inter-Amerikaanse Kommissie vir Menseregte om nie met teregstellings voort te gaan waar dit die geval is nie. Die Verenigde State handhaaf nie die volkeregtelike beginsel van gelykberegtiging met betrekking tot halsmisdade nie. Die oorlog in Irak is klaarblyklik in stryd met die volkeregtelike verbod op oorlogvoering as 'n middel om internasionale geskille te besleg en is van stapel gestuur in blatante trotsering van die Verenigde Nasies. Die Verenigde State het 'n kwaadwillige veldtog van stapel gestuur om die Internasionale Strafhof te ondermyn omdat die volkeregemeenskap nie wou toegee aan Amerikaanse eise om sy burgers van die jurisdiksie van die hof uit te sluit nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2005/3/EJC54979
2005-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error