1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Wetsuitleg : 'n Inleiding vir Studente, Christo Botha : book review

USD

 

Abstract

Die vierde uitgawe van hierdie baie suksesvolle studentehandboek is uitgegee in 'n handige formaat en soos in vorige uitgawes is gepoog om die stof so verbruikersvriendelik as moontlik vir weetgierige(?) maar oningeligte(!) studente aan te bied. Die skrywer se "waardebelaaide en beginselgedrewe" benadering tot die vakgebied (sy eie woorde) bly dieselfde, maar hierdie basiese uitgangspunte is in hierdie uitgawe veel beter in die leerstof geïntegreer, wat die wêreld vir studente net soveel makliker gaan maak. Dit het onder meer daartoe bygedra dat die stof anders gerangskik word. In die derde uitgawe was daar nog in hoofstuk 2 weggespring met die teoretiese grondslae, waarin die tekstuele en kontekstuele benaderings onder meer teen mekaar afgespeel word en waaroor die studente in daardie vroeë stadium van die kursus gewoonlik hulle koppe in totale onbegrip geskud het. (Hoe kon 'n mens van hulle verwag om saam oor die vak te teoretiseer as hulle nog niks van die vak geweet het nie?) Hierdie en ander teoretiese grondslae word nou in hoofstuk 5, onder die opskrif "Hoe wetgewing uitgelê word", behandel.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2005/4/EJC54984
2005-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error