1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Risky business - risk management in the light of King II : is your company up for the challenge?

USD

 

Abstract


Die begrip "risiko" is nie vreemd vir maatskappye nie. Maatskappye worstel al geruime tyd met hierdie begrip binne die finansiële sektor. Die nuutste onderafdeling van risikobestuur naamlik inligtingsekuriteitsrisikobestuur is egter onbekend aan die meeste maatskappye. Hierdie subdissipline hou verreikende gevolge vir maatskappye in. Die King II verslag bevat spesifieke verwysings na hierdie subdissipline en maak dit verpligtend vir maatskappye om aandag te skenk aan risikobeheer in die inligtingsera.
Risikobeheer bestaan uit twee komponente, naamlik risikobeoordeling en risiko-mitigering. Eersgenoemde behels die identifisering van risiko's wat die maatskappy in die gesig mag staar, die moontlikheid dat die risiko sal materialiseer en die impak op die maatskappy indien die risiko wel materialiseer. Die tweede komponent, risiko-mitigasie, behels die kies van beheermaatstawwe wat die moontlikheid dat 'n risiko sal materialiseer tot 'n aanvaarbare vlak verminder. Die King II-verslag handel breedvoerig met beide hierdie komponente en bevat bepalings rondom elke rolspeler se plig in die implimentering en handhawingsproses.
Die onus word op die direksie en topbestuur geplaas om te verseker dat 'n effektiewe risikobestuursprogram in hul maatskappy geïmplementeer, gemonitor en gehandhaaf word. Indien die direksie in hierdie opdrag faal, sal hulle gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik gehou kan word vir die verbreking van hulle plig tot sorg en vaardigheid. Dit is dus van die uiterste belang dat 'n direksie vertroud raak met wat risikobestuur in die inligtingsera behels, watter gevolge hierdie dissipline vir hulle maatskappy inhou en in watter mate hulle aanspreeklik gehou mag word indien 'n risiko wel materialiseer.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2005/4/EJC54996
2005-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error