1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The role of the master of the high court as regulator in a changing liquidation environment : a South African perspective

USD

 

Abstract


Die rol van die meester van die hoë hof as reguleerder in die Suid-Afrikaanse insolvensiereg is 'n kontroversiële besprekingspunt in die Suid-Afrikaanse reg. Bewys hiervan kan gevind word in die verskeie uiteenlopende voorstelle wat met die bekendstelling van die ontwerp Insolvensiewet deur die Suid-Afrikaanse regskommissie ontvang is. Hierdie bespreking het ten doel om die beginsel van staatsregulering in die Suid-Afrikaanse insolvensiereg krities te ondersoek.
Die regulerende funksie van die meester word teen die agtergrond van 'n kort historiese oorsig, asook 'n bespreking van die algemene pligte van die meester, in besonder die aanstelling van insolvensiepraktisyns, bespreek.
Ten einde staatsregulering in die Suid-Afrikaanse insolvensiereg in perspektief te plaas, sluit die bydrae ook 'n bespreking van die meester se eweknie in die Verenigde State van Amerika in. Die Verenigde State van Amerika verteenwoordig 'n stelsel waar ingrypende regshervorming onlangs plaasgevind het en wegbeweeg is van 'n stelsel van totale krediteurskontrole na 'n meer gebalanseerde stelsel wat 'n mate van staatskontrole in die verband insluit.
Die gevolgtrekking is dat staatsregulering in insolvensiereg steeds in 'n Suid-Afrikaanse konteks geregverdig is. Die vraag word egter gevra watter formaat dit behoort aan te neem ten einde effektief binne 'n nuwe politieke, regs en ekonomiese klimaat te kan funksioneer. Enkele voorstelle vir regswysigings, in besonder die instelling van 'n ombudsman vir die meestersamp en die heroorweging van 'n gespesialiseerde insolvensiehof word bepleit.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2005/4/EJC54999
2005-01-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error