1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The limitation of rights and "reasonableness" in the right to just administrative action and the rights to access to adequate housing, health services and social security

USD

 

Abstract


In hierdie artikel word nagegaan of die algemene beperkingsbepaling in artikel 36 van die grondwet gebruik kan word om die begrip "redelikheid" in artikels 33, 26(2) en 27(2) te bepaal. In die eerste gedeelte word uitgangspunte in verband met die begrippe "algemene beperkingsbepaling", "besondere beperkingsbepalings" en die faktore waaraan ingevolge artikel 36 aandag gegee moet word, gestel. In 2004 7 BCLR 891 (KH) het die konstitusionele hof beslis dat die redelikheidsvereiste in artikel 6(2)(h) van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid 3 van 2000 moet ooreenstem met die betekenis van redelikheid in artikel 33 van die grondwet (par 44) en dat redelikheid in artikel 33(1) beteken dat 'n besluit redelikerwys die oogmerk daarmee moet kan teweegbring, redelikerwys deur die feite gesteun moet word en redelik moet wees in die lig van die redes wat daarvoor gegee word (par 48). Wanneer administratiewe handelinge grondwetlike regte beperk, kan hierdie toets nie toegepas word sonder om die faktore in artikel 36(1)(a) tot (e) in ag te neem nie en in sulke gevalle is die redelikheidsvereiste in artikel 33(1) 'n besondere beperkingsbepaling wat met die algemene beperkingsbepaling oorvleuel. Artikels 26(2) en 27(2) bepaal dat die staat "redelike" maatreëls moet tref om binne sy beskikbare middele die regte op toegang tot geskikte behuising, gesondheidsorgdienste, voldoende voedsel en water en maatskaplike sekerheid te verwesenlik. Die regte wat in artikels 26(1) en 27(1) gewaarborg word, beskerm dieselfde gedrag en belange as wat deur regte soos die regte op lewe, menswaardigheid en persoonlike vryheid en sekerheid beskerm word. 'n Ontleding van die konstitusionele hof se uitsprake oor artikels 26(2) en 27(2) toon dat die hof inderdaad uitvoerig aandag gegee het aan die faktore in artikel 36(1)(a) tot (e). Dit regverdig 'n afleiding dat die begrip redelikheid in artikels 26(2) en 27(2) 'n besondere beperkingsbepaling is wat oorvleuel met die algemene beperkingsbepaling.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2005/4/EJC55003
2005-01-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error