1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The Bill of Rights Handbook, Iain Currie en Johan de Waal : book review

USD

 

Abstract

'n Boek wat beskeie in samewerking met die Prokureursorde begin het, het nou gegroei in statuur én volume tot een van die standaardwerke oor menseregte in Suid-Afrika. Hierdie omvattende en goedversorgde vyfde uitgawe beslaan nou sowat 140 bladsye méér as die vierde uitgawe, met sowat ses bladsye meer saakverwysings. Veral hoofstukke 5 (jurisdiksie en litigasie-prosedures), 8 (remedies), 9 (die reg op gelykheid), 17 (die reg op vergadering en betoging), 18 (vryheid van assosiasie) en 23 (arbeidsregte) is aansienlik uitgebrei, terwyl hoofstuk 30 (die reg op toegang tot inligting) gekrimp het. Hoofstukke 17 en 18 is deur Stu Woolman versorg en is verkorte weergawes van sy hoofstukke in Chaskalson ea (2004). Die struktuur van die boek bly dieselfde en tot hoofstuk 8 word die algemene bepalings van die Handves van Regte (toepassing, beregbaarheid, jurisdiksie en litigasie-prosedures, uitleg, beperking van regte en remedies) bespreek, waarna die spesifieke regte vanaf hoofstuk 9 tot hoofstuk 33 aan die beurt kom. Die boek bevat ook 'n bruikbare woordregister.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2006/1/EJC55005
2006-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error