1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Labour is not a commodity : social perspectives on flexibility and market requirements within a global world

USD

 

Abstract


Arbeidsmarkhervorminge het onlangs weer op die voorgrond getree as gevolg van, oa, globalisering, veranderinge in die samestelling van arbeid en die groter rol wat informasie- en kommunikasietegnologie hedendaags speel. Daar is gevolglik oproepe vir groter buigsaamheid in die markte van Afrika-lande. Dit het tot gevolg dat dit nou waarskynlik die gepaste geleentheid is om weer 'n nuwe visie vir diensverhoudinge en arbeidsreg in Afrika te ondersoek. In hierdie bydrae word egter voorgestel dat "African flexibility" nie die oplossing is vir die uitdagings wat ontwikkelende markte in die gesig staar nie.
Daar word aangevoer dat markhervormings ook die ontwikkelinge in die ekonomiese en sosiale omgewing in ag sal moet neem. In hierdie verband word argumenteer dat tot tyd en wyl ou onopgeloste probleme rakende die rol en belang van werknemers in ondernemingsvormereg nie heroorweeg word nie, dit voortydig sou wees om die kwessie van groter buigsaamheid in die arbeidsreg van ontwikkelende lande ernstig te oorweeg.
Aangesien min aandag aan die posisie van werknemers gegee word in die reg van ondernemingsvorme word aangevoer dat daar meer bespreking behoort te wees oor hierdie aangeleentheid. Hierdie bydrae voer aan dat indien groter deelname vir werkers en hul verteenwoordigers in die werkplek gerealiseer kan word (en moontlik ook groter inspraak in aangeleenthede wat hulle belange raak) sal daar 'n institusionele omgewing of raamwerk in plek wees wat groter hervormings sou kon akkommodeer terwyl dit steeds die aspirasies van werkers bevredig. Met ander woorde, in 'n oop en vrye mark sal gereguleerde buigsaamheid wat gerugsteun word deur 'n omvattende institusionele raamwerk die waarborg vir basiese regte in sodanige vrye samelewing kon wees - ook binne 'n globale konteks.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2006/1/EJC55013
2006-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error