1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Transformative constitutionalism and the development of South African property law (part 2)

USD

 

Abstract


Sedert die inwerkingtreding van die 1993 interim grondwet was daar ernstige meningsverskil oor die sogenaamde "horisontale toepassing" van die grondwet; en veral die fundamentele regte in die handves van menseregte. Verskillende benaderings is deur akademici voorgestaan en in die regspraak gevolg, maar sedert die finale grondwet in 1996 in werking getree het, is wyd aanvaar dat indirekte horisontale toepassing van die grondwet, hoofsaaklik by wyse van die ontwikkeling van die gemenereg, die belangrikste bron van invloed vanaf die grondwet op die privaatreg sal uitmaak. Daar bestaan egter heelwat onsekerheid en meningsverskil oor die wyse waarop die ontwikkeling sal plaasvind. In meer onlangse regspraak word daar op die sogenaamde plig van die staat om sy burgers te beskerm gesteun om dieselfde verskynsel te verklaar, terwyl indirekte horisontale toepassing of ontwikkeling skynbaar vergete geraak het.
In die eerste deel van die artikel word 'n oorsig verskaf van die verskillende benaderings wat in die regsliteratuur en regspraak voorkom. In die volgende deel word twee moontlike bronne vir die verskuiwing vanaf horisontale toepassing-taal na staatsplig om te beskerm-taal ondersoek, naamlik die Duitse reg en die volkereg. Die analise word gevolg deur 'n beoordeling van die ontwikkeling in die nuwe regspraak en gevolgtrekkings. Die belangrikste gevolgtrekking is dat die idéé van indirekte horisontale ontwikkeling in die sin van ontwikkeling van die gemenereg (ingevolge a 39(2) van die grondwet) nie afgeskeep of deur die idéé van staatsplig om te beskerm vervang moet word nie, omdat eersgenoemde op 'n duidelike grondwetlike opdrag berus en van wyer strekking as laasgenoemde is.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2006/1/EJC55020
2006-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error