1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Mandament van spolie en ongeregistreerde serwitute vir water : regspraak

USD

 

Abstract

Die oeroue mandament van spolie as buitengewoon spoedige remedie ten einde die besitter van 'n saak in sy onregmatig ontnome besit te herstel tot tyd en wyl die regsposisie nagegaan kan word langs die normale regsweg, duik steeds met reelmaat in die hofverslae op. Dit verwonder dat ten aansien van so 'n bekende remedie waarvan die vereistes en aanwendingsgebied sedert die twaalfde eeuse reeds lank uitgepluis is, steeds oor basiese aspekte klei getrap word oenskynlik bloot omdat die betrokke regslui nie die basiese grondbeginsels van die remedie onder die knie het en geen moeite doen om die kennis wat hul ontbeer aan te vul deur die erkende bronne te raadpleeg nie. Die onderhawige uitspraak is tekenend daarvan. Die byna algehele afwesigheid van verwysing na die tersake akademiese bronne is veelseggend. (Daar is slegs gewag gemaak van 'n verouderde uitgawe van Silberberg en Schoeman (2 e uitg) wat verkeerdelik as Silberg aangedui word in n 16; Lee en Honore (2e uitg) en 'n vreemde onpassende verwysing na II wat nie ter sake kan wees nie.)

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2006/2/EJC55028
2006-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error