1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Uitsettings onder die Suid-Afrikaanse grondwet : die verhouding tussen artikel 25(1), artikel 26(3) en die uitsettingswet (deel 1)

USD

 

Abstract

Die beskerming van onroerende eiendomsreg het sedert twee belangrike ontwikkelings ondergaan. Enersyds is eienaarsbeskerming beïnvloed deur die inwerkingtreding van artikel 26(3) van die grondwet, waarin daar (binne die konteks van die reg op toegang tot behuising) bepaal word dat geen persoon vanuit sy/haar huis gesit mag word tensy dit deur 'n hofbevel gemagtig word nie en dan slegs nadat alle omringende omstandighede oorweeg is. Andersyds het die inwerkingtreding van die Wet op die Verbod op Onwettige Uitsetting en Onregmatige Okkupasie van Grond 19 van 1998 (uitsettingswet) die posisie met betrekking tot die uitsettingsremedie aansienlik aangepas. Artikel 4 van die uitsettingswet bepaal naamlik dat die wet se bepalings by uitsetting toegepas moet word en dat gemeenregtelike remedies gevolglik nie meer beskikbaar is vir die beskerming van onroerende eiendom wat vir behuisingsdoeleindes gebruik word nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2006/2/EJC55037
2006-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error