1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Centralisation of power in education : have provinces become national agents?

USD

 

Abstract


In hierdie artikel word die praktyk van die grondwetlike bevoegdheidsverdeling tussen die nasionale en provinsiale regerings nagespeur aan die hand van die posisie op die onderwysgebied. Na 'n uiteensetting van die grondwetlike bevoegdheidsverdeling, word aangetoon hoe owerheidsgesag in onderwys deur middel van die statutere en ander interowerheidstrukture in onderwys gesentraliseer is sodat feitlik alle beleidmakende funksies deur die nasionale regering behartig word en die provinsies se rol gereduseer is tot die van agente vir die uitvoering van nasionale inisiatiewe. Die redes vir hierdie neiging word bespreek, onder andere die onvermoe van provinsies om hulle bevoegdhede effektief uit te oefen, maar ook die versuim van die nasionale regering om sy grondwetlike plig na te kom om die administratiewe vermoe van die provinsies te ontwikkel. Formeel is daar 'n federale bevoegdheidsverdeling in Suid-Afrika en word die verhouding tussen die sfere van regering deur die beginsel van samewerkende regering bepaal. As 'n ware samewerkende verhouding egter nie in die plek van die huidige bo-na-onder verhouding bewerkstellig word nie, sal die provinsies voortsukkel om die mas op te kom, sal die versoeking voortduur om alle gesag te sentraliseer en sal die kwaliteit van onderwys verder verswak.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2006/2/EJC55039
2006-01-01
2016-12-02
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error