1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Codes of conduct for the financial services industry

USD

 

Abstract


In die praktyk is besigheidsbeginsels en -reëls vir die verskillende sektore van die finansiële dienstebedryf gewoonlik in die vorm van vrywillige, nie-statutêre gedragskodes of statutêre gedragskodes vervat. Meestal neem dit die vorm van ondergeskikte wetgewing aan. Die doelwitte van nie-statutêre kodes is gewoonlik om riglyne te verskaf aan die lede van verteenwoordigende liggame uit die bepaalde bedryf oor ooreengekome praktykstandaarde. Dit bied daarnaas aan verbruikers die voordeel van gehalte diens. Vrywillige gedragskodes word dikwels gesien as 'n alternatief tot staatsbeheer, maar dit het beperkings van sy eie vanweë faktore soos 'n gebrek aan juridiese effek vir verbruikers en die aanspreeklikheid van die promulgeerders van die gedragskodes. Die gedragskodes word verder aan bande gelê deur 'n begrensde toepassingsveld. Gevolglik bestaan daar statutêre gedragskodes vir verskeie sektore van die finansiële dienstebedryf; soos die versekeringsbedryf, lede van beurse en verskaffers van finansiële dienste. Oorweging kan geskenk word aan die uitbreiding van die konsep van bindende statutêre gedragskodes na sektore soos die bankbedryf, mediese skemas, kollektiewe beleggingskemas asook pensioenfondse en onderlinge hulpverleningskemas wat tans nog nie dieselfde mate van dekking geniet nie.
Die outeur stel voor dat gedragskodes vir die bedryf deur die betrokke reguleerders goedgekeur en selfs voorgeskryf word waar die bedryf onwillig is of nie die vermoë het om 'n gedragskode daar te stel wat verbruikers se belange op die hart dra nie. Daar moet ook toegesien word dat gedragskodes behoorlik afgedwing word en dat ombudskemas toegelaat word om bindende beslissings te maak waar die gedragskodes nie nagekom word nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2006/3/EJC55051
2006-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error