1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Skadevergoedingseise by huwelike in gemeenskap van goed : regspraak

USD

 

Abstract

In die onderhawige uitspraak het die grondwetlike hof op 'n besondere wyse meerdere aspekte van die materiële privaatreg ingrypend gewysig. Die eiseres het 'n eis vir sowel troosgeld as skadevergoeding ingestel teen die Padongelukfonds as die statutêre versekeraar van die voertuig waarmee haar man, met wie sy in gemeenskap van goed getroud was, haar destyds doelbewus omgery het. Die voorval het sekerlik bygedra tot die verbrokkeling van die huwelik en die paar is sedertdien geskei (242G). Die fonds het die vordering vir troosgeld eerbiedig, maar nie die vordering vir skadevergoeding nie. Dit is gemotiveer met 'n beroep op die geykte stelling dat sodanige vorderinge nie tussen gades getroud in gemeenskap van goed kan bestaan nie. Die grondwetlike hof beslis dat die tersake artikel in die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984 ongrondwetlik is en wysig die redaksie daarvan ten einde sodanige vorderinge wel moontlik te maak.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2006/4/EJC55060
2006-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error