1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Private international law of succession in South Africa

USD

 

Abstract


Hierdie artikel verskaf 'n oorsig (oftewel 'n herbevestiging) van die internasionaal-privaatregtelike reëls met betrekking tot vererwing wat in Suid-Afrika geld. Die outeur bespreek intestate vererwing, testeerbevoegdheid, formele geldigheid van testamente (die aanwendingsgebied van a 3 van die Wet op Testamente 7 of 1953; die gemeenregtelike reëls; die basiese statutêre reël; testamente verly op vaartuie en vliegtuie; aanwysingsbevoegdheid; herroeping van 'n vorige testament; vereistes vir getuies en sekere testateurs; buitelandse interne aanwysingsreg en die afwesigheid daarvan; die blywende aanwending van gemeenregtelike reëls; wysigings in die tersake buitelandse regstelsel), die uitleg van testamente, die inherente geldigheid en effek van testamente, die bevoegdheid om te erf en die herroeping van testamente in internasionaal-privaatregtelike konteks. Voorbeelde word verskaf om die toepassing van die reëls te illustreer. Die outeur doen oplossings aan die hand vir sekere probleemgebiede. In hierdie verband kom onder meer die volgende ter sprake: die kondonasie van die nievoldoening aan testamentsformaliteite; die rol van buitelandse interne aanwysingsreg in verband met testamentsformaliteite; die bevoegdheid om te erf; en die herroeping van testamente (in die besonder die herroeping deur middel van huweliksluiting en as gevolg van egskeiding, tesame met die outomatiese herlewing daarvan in laasgenoemde geval).

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2006/4/EJC55071
2006-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error