1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Watervoorsiening en die mandament van spolie - die hoogste hof verstel die wissels : aantekeninge

USD

 

Abstract

In 'n land waar watervoorsiening meestal 'n lewensbelangrike probleem is, verbaas dit nie om heftige meningsverskille te ervaar ten aansien van teenstrydige aansprake op die relatief beperkte waterhulpbronne nie. 'n Onderbreking in watervoorsiening verlei menige regsraadsman om namens sy kliënt te gryp na die sterkste beskikbare remedie. Die mandament van spolie is reeds in die verlede aangewendomonder die vaandel van die spreuk , van die hof by wyse van dié dringende remedie regshulp te verwag ten einde 'n onderbreking in die watervoorsiening, wat na optrede deur die teenparty herlei kan word, dadelik te herstel. Sedert die omstrede uitspraak van die appèlhof in (1989 1 SA 508 (A)) is daar in bepaalde kringe verkeerdelik aanvaar dat met 'n beroep op daardie buitengewone uitspraak wat vir buitengewone omstandighede voorsiening wou maak, 'n nuwe aanwendingsgebied vir die mandament ontsluit kan word, sodat die mandament as gepaste remedie bestempel sou kon word ongeag of werklik aan die vereistes van die mandament voldoen sou kon word. Die ongelukkige uitspraak in die -saak kon egter vermy gewees het indien eerder op die as regshulp vir die gemeenskap van Otavi konsentreer is. Hierdie onderhawige uitspraak van die hoogste hof van appèl verstel die wissels in die verband en lei die toepassing van die mandament weer in die juiste baan.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2007/1/EJC55084
2007-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error