1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The legal nature of silo receipts used in the futures market and bills of lading

USD

 

Abstract


Die konnossement is 'n bekende dokument met 'n lang geskiedenis. Die Safex-silo-ontvangsbewys is van meer resente oorsprong en in hierdie artikel word die regsaard van hierdie dokument ondersoek en vergelyk met die konnossement, aangesien die twee dokumente met die eerste oogopslag verskeie ooreenkomste toon. Nadat graan aan 'n silo gelewer is, reik die silo-eienaar 'n silo-ontvangsbewys uit. Die silo-eienaar sal die graan lewer aan die persoon wat die silo-ontvangsbewys aan hom voorlê. Die houer van die silo-ontvangsbewys sal ook poog - dikwels sonder sukses - om die graan te lewer en eiendomsreg oor te dra, deur die ontvangsbewys te verhandel. Daar word aan die hand gedoen dat die Safex-silo-ontvangsbewys, soos die konnossement, as waardepapier beskou kan word. 'n Waardepapier is 'n dokument waarin 'n reg op so 'n wyse beliggaam is, dat die besit van die dokument nodig is om die reg uit te oefen. Daar word aan die hand gedoen dat die konnossement en die silo-ontvangsbewys 'n reg tot lewering van die goedere beliggaam. Nie een van die dokumente is egter - verhandelbare dokument nie. Daar word verder ook aan die hand gedoen dat in belang van regsekerheid nie een van die dokumente as verhandelbare dokumente beskou behoort te word nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2007/1/EJC55091
2007-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error