1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The complexities of providing emergency housing assistance in South Africa

USD

 

Abstract


Die verskaffing van behuising as gevolg van dakloosheid is problematies. Meer problematies is die verskaffing van behuisingsondersteuning as gevolg van 'n noodtoestand. Die begrippe "emergency" (noodtoestand) en "disaster" (ramp) word wyd en verskillend gedefinieer, maar daar bestaan oorvleueling tussen die twee begrippe. Die gevolgtrekking word gemaak dat 'n onderskeid getref kan word tussen onvoorsiene noodtoestande soos vloede, brande en aardbewings waar daar onmiddellik nadat dit plaasgevind het behuisingsondersteuning verskaf moet word en voorsienbare noodtoestande, soos uitsettings waar, met die regte beplanning, behuisingsondersteuning verskaf kan word sodra daar van die uitsetting kennis geneem word. Daar bestaan ook verwarring oor die presiese toepassingsgebied van die sowel as ander beskikbare middels om behuisingsondersteuning as gevolg van 'n noodtoestand te verskaf.
Die bepalings van al die beskikbare programme word ondersoek en daar word ook elders vir oplossings gesoek. Bepalings in wetgewing wat vrystellings en opskortings van prosedures magtig, soos die Wet op Ontwikkelingsfasilitering 67 van 1997 en die Wet op Minder Formele Dorpstigting 112 van 1991 word ondersoek. Die daarstel van tydelike oorgangsgebiede word ook as 'n oplossing bespreek. Ten slotte word spesifieke voorstelle gemaak oor watter tipe noodbehuisingsondersteuning in die geval van beide onvoorsiene en voorsienbare noodtoestande gemaak behoort te word.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2007/1/EJC55092
2007-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error