1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The songwriter : a fair deal is possible, not so? (part 2)

USD

 

Abstract


In hierdie artikel word oorweging geskenk aan die gebruik van standaardkontrakte, wat deel vorm van die hedendaagse besigheidswêreld, met spesifieke verwysing na komponiste van musiekwerke. Daar word ondersoek of die aanwending van sodanige kontrakte potensieel nadelig is vir komponiste. Die hantering van onbillike bepalings in kontrakte deur die Suid-Afrikaanse howe word bespreek met spesifieke verwysing na goeie trou, openbare belang en beperkings op handelsvryheid. Aangesien die posisie van die komponis verwar kan word met dié van die uitvoerende kunstenaar waar een persoon beide rolle vervul, word 'n oorsig van die musiekindustrie gegee waarin die verskeie rolspelers asook die verskeie vorms van outeursreg wat mag vestig, geïdentifiseer word. 'n Kritiese analise van word gedoen aan die hand van die bespreking van die musiekindustrie. Alternatiewe leerstellings word bespreek, ook met verwysing na die Engelse reg.
Die outeur is van mening dat die howe goed toegerus is om weldeurdagte beslissings ten opsigte van onbillike bepalings in kontrakte te maak. Die probleme wat komponiste mag ondervind, lê moontlik daarin dat daar 'n gebrek aan kennis is oor die werking van die musiekindustrie, die vestiging van outeursreg en die gevolglike onvermoë van hul regsverteenwoordigers om hul sake behoorlik te argumenteer.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2007/2/EJC55105
2007-01-01
2016-12-02
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error