1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Roman water law (part 2)

USD

 

Abstract


Aangesien die gemenereg van Suid-Afrika die Romeinse reg insluit, word die vraag gevra of die Romeinse waterreg van hulp kan wees in die formulering van die waterreg in Suid-Afrika. Almal besef dat die droë toestande in Suid-Afrika meer ooreenkom met toestande in die ooste van die Romeinse ryk as dié in Wes-Europa. Om hierdie rede het van die voorste regsgeleerdes in Suid-Afrika oor die jare probeer om die Romeinse waterreg na te vors. Dié artikel verhaal die vrugtelose soeke na die inhoud van die Romeinse waterreg deur onder andere regter Bell, hoofregter De Villiers, Hall, De Wet en Vos.
Volgens die Romeinse reg kan enersyds lopende water nie besit word nie en derhalwe kon die eienaar van grond geen eiendomsreg op lopende water op sy grond bekom nie. Andersyds kan 'n besproeiingsboer nie boer as hy nie verseker is van 'n gereelde toevoer van water vir sy besproeiing nie. Hierdie artikel toon hoe die Romeinse regsgeleerdes deur middel van interdikte die probleem oorkom het. Die artikel bespreek die ontwikkeling van interdikte vanaf die vroegste tye. Die afwykende gevolgtrekkings van Ossig en Costa word ook bespreek.
Deur die toepassing van interdikte het daar met verloop van tyd 'n komplekse rangorde ontstaan vir die toekenning van water uit 'n betrokke bron of stroom. Verder het die reghebbendes wat die laagste in rangorde was, in droogte-tye baie swaar gekry en kon selfs in tye van droogte geen water ontvang nie. Die probleme wat so veroorsaak is, het gelei tot die promulgasie van D 8 3 17. Volgens hierdie bepaling word die water van 'n volledig ontwikkelde rivier verdeel ooreenkomstig die besproeiingsarea van elke besproeier.
Waar water opgegaar is of waar 'n aantal eienaars uit 'n gesamentlike skema of werke bedien word, het die eienaar van die opgaarwerk die toekenning van water aan elke gebruiker beheer. Die eienaar van grond was geregtig om niestandhoudende lopende water op te gaar en te gebruik. Staande water het eweneens behoort aan die eienaar van die grond. Die eienaar van grond kon ondergrondse water sonder inmenging benut behalwe as die ondergrondse water soveel is dat dit vry oor aangrensende eiendomme vloei.
Die Romeinse waterreg kan as model vir waterwetgewing dien deurdat 'n logiese raamwerk geskep word waarvolgens verbruikers van water vaste identifiseerbare regte het in teenstelling met arbitrêre, soms tydelike, permitte wat lukraak deur owerheidsliggame toegeken mag word.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2007/2/EJC55106
2007-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error