1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Look back before you leap? Fateful tendencies of materialization and of parallelism in modern private international law theory

USD

 

Abstract


Die outeur kontrasteer die Savigniaanse benadering tot die internasionale privaatreg, waarin bloot na konfliksgeregtigheid gesoek is (die mees gepaste regstelsel moet die betrokke geskil beheers) sonder bekommernis (behoudens enkele uitsonderings) oor die inhoud van die aldus aangewese regstelsel, met die groot invloed wat beleidsoorwegings gegrond op die interne substantiewe reg vandag in die internasionale privaatreg uitoefen. Hy bespreek in hierdie verband die rol van inhoudelike oorwegings by wyse van die volgende: die uitsluiting van buitelandse reg op grond van openbare beleid; konstitusionele voorskrifte; unilaterale reëls van direkte toepassing (die outeur verwys hier in die besonder na die norme van die internasionale handelsreg en die internasionale mededingingsreg, asook na verbruikersbeskermingsmaatreëls en die probleem van die toepassing van derdelandsregsreës); die rol van die by klassifikasie en die insidentele vraag; en die formulering van nuwe uitkomsgerigte alternatiewe aanwysingsreëls op grond van die begunstigingsbeginsel (die outeur bestee hier aandag aan die beginsel van ). Die skrywer wys op die gevare van regsonsekerheid en internasionale disharmonie wat met die sluipende unilateralisering van die internasionale privaatreg gepaard gaan. Hy stel 'n groter rol vir internasionale substantiewe reg voor en pleit vir 'n ingrypende harmonisering van die nasionale internasionale privaatregreëls van soveel lande en in soveel opsigte as moontlik. Ondertussen, so doen die skrywer aan die hand, moet 'n mens maar vir lief neem met die feit dat die huidige internasionale privaatregpraktyk bloot neerkom op die toepassing van nasionale openbare beleidsoorwegings.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2007/2/EJC55108
2007-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error