1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Openbare betrokkenheid by die wetgewende proses kry oplaas tande : regspraak

USD

 

Abstract

Die grondwetlike hof het in die -saak oor verskillende grondwetlike kwessies 'n leidende uitspraak gelewer. Eerstens het die hof die bevinding in (1999 4 SA 863 (HHA)) bevestig dat die parlement ten opsigte van al sy handelinge, ook sy interne verrigtinge, aan die grondwet ondergeskik is. Tweedens vestig die uitspraak openbare betrokkenheid by wetgewende prosesse as 'n grondwetlike plig wat wetgewende instellings nie mag ontduik of verwaarloos nie en wat tot die ongeldigheid van wette aanleiding kan gee. Dit het verreikende implikasies vir die prosedure waarvolgens wetgewende instellings wetsontwerpe oorweeg en bring 'n nuwe dimensie in die vestiging van demokratiese waardes en besluitnemingsprosesse in Suid-Afrika. Daarbenewens het die uitspraak belangrike implikasies vir geregtelike jurisdiksie oor grondwetlike kwessies, spesifiek wat betref die uitsluitlike jurisdiksie van die grondwetlike hof - veral teen die agtergrond van die omstrede (teruggetrekte) Veertiende Wysigingswetsontwerp op die Grondwet, wat die bevoegdhede van die howe sou geraak het.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2007/3/EJC55115
2007-01-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error