1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Silo receipts used in the futures market and bills of lading as documents of title (part 2)

USD

 

Abstract


Safex-silo-ontvangsbewyse en konnossemente is beide ontvangsbewyse, en beide kan dien as bewys, onderskeidelik, van 'n seevervoerkontrak en 'n kontrak om graan te stoor. Sover daar nie spesifieke regsreëls is wat silo ontvangsbewyse reël nie, kan 'n mens probeer om die reëls rakende konnossemente by wyse van analogie toe te pas. Benewens 'n ontvangsbewys en bewys van die seevervoerkontrak, is die konnossement ook 'n titelbewys, en daar word vasgestel dat 'n siloontvangsbewys ook as 'n titelbewys beskou kan word. Na 'n ondersoek van die Engelse reg, insluitende die sake waarin die funksies van 'n titelbewys oorspronklik aan die konnossement opgelê is, word gekyk na besit en simboliese lewering in die Suid-Afrikaanse reg, en hoekom diehouer van 'n konnossement in besit van die goedere is en hoe hy die goedere kan lewer. Die probleem van meerdere oorspronklike konnossemente en meerdere silo-ontvangsbewyse wat verwys na dieselfde goedere, of dieselfde graan, word ondersoek. Dan volg 'n bespreking van die wyse waarop konnossemente en silo-ontvangsbewyse oorgedra of verhandel kan word. Ten slotte word die problematiek rondom massavragte en graan wat in 'n silo gestort is, ondersoek. Daar word aan die hand gedoen dat lewering deur middel van moontlik 'n oplossing kan bied in geval van dematerialisasie, asook in die geval van silo-ontvangsbewyse.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2007/3/EJC55125
2007-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error