1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Vulture funds and sovereign debt - the Zambian experience

USD

 

Abstract


In hierdie bydrae ondersoek die outeur die bedrywighede van sogenaamde aasvoëlfondse ("vulture funds") as aankopers van slegte staatskuld in die sekondêre mark. In beginsel is so 'n aasvoëlfonds daarop uit om 'n stewige wins te genereer deur enersyds die vorderingsregte ten aansien van agterstallige skuld van 'n staat of sentrale bank teen 'n wesenlike diskonto van sy sigwaarde aan te koop en andersyds deur gebruik te maak van aggressiewe afdwingingsmaatreëls om sy invorderkoers te optimaliseer.
Hoewel die fondse met hul optrede bepaalde suksesse behaal het, het hul hardvogtige metodes skerp kritiek én weerstand van sowel die breë publiek as die owerhede ontlok. Die persepsie bestaan dat armlastige state daardeur verplig word om hul uitstaande skuldverpligtinge jeens dié invorderaars eerste te delg met reeds skaars middele. Die state kan na bewering dit kwalik of glad nie bekostig om hul prioriteite só om te swaai ten einde voorkeur aan die aflossing van die uitstaande skuldverpligtinge te gee ten koste van die bevrediging van ander dringender interne behoeftes nie. 'n Staat wat diep in die skuld staanjeens sodanige fondse kan kwalik die druk weerstaan om aan die uitstaande verpligtinge te voldoen. Hulle beskik gewoonlik nie oor die fondse om sodanige duur litigasie in London of New York teen te staan nie. Boonop gaan die state se bereidwilligheid om te poog om sodanige litigasie teen te gaan en daarteen verweer aan te teken, gebuk onder die persepsie dat dáárdie gemelde jurisdiksies as krediteur-vriendelik bestempel word. Dit lei tot die aanname dat enige verweer eintlik futiel sal wees. Voorgaande neem uiteraard niks weg van die feit dat die tersake staat of sentrale bank namens die staat aanvanklik krediet opgeneem het onder die voorwendsel dat dit wel sy terugbetalingsafsprake gestand sou doen nie. Daar sou immers geen plek vir sodanige aggressiewe invorderingsfondse wees indien die krediet woordgetrou terugbetaal was nie.
Ondanks die voorgaande het Zambië in die voorbeelde wat die outeur bespreek van die tersake litigasie besluit om die fondse in die opsig teen te gaan en verweer aangeteken. Hoewel die verwere nie deurgaans suksesvol was nie, openbaar dit wel tot welke mate bepaalde verwere suksesvol teen die taktiek van sodanige invorderaars deur 'n skuldenaar in versuim geopper kan word veral met verwysing na die boeterentes wat gehef word.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2007/4/EJC55145
2007-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error