1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - An Academic Life over Continents, H. Booysen : book review

USD

 

Abstract

Professor Hercules Booysen is 'n bekende volkeregtelike akademikus. Hy was voorheen verbonde aan die regsfakulteite van Port Elizabeth en UNISA (laasgenoemde van 1976 tot 2000) en het oor meerdere dekades sedert sy toetrede tot die akademie in die tagtigerjare gereeld in Duitsland en elders in Europa navorsing vir sy vakkundige werk onderneem. Hoewel hy beken in murg en been Afrikaner te wees, is die werk op Engels geskryf ten einde volgens hom 'n breër leserspubliek te kan bedien. Die potensiële lesers wat die skrywer luidens sy voorwoord voor oë gehad het, sluit sy eie gesinslede in wat uiteraard 'n deel van dit wat in die werk verhaal word méé beleef het, maar ook (hopelik) hul nageslag. Omdat laasgenoemde met die ter perse gaan nog slegs in vermeld kon word, is die meerderheid te wagte lesers sy kennisse oor die verskillende vastelande versprei en dít verklaar amptelik die benutting van 'n ander taal as sy moedertaal as medium (vii). Die leser ontkom egter nie aan die gevoel van ongemak dat die skrywer eintlik daarmee blyk gee van sy wanhoop en pessimisme oor die voortbestaan van sy moedertaal en vrees dat 'n "bydrae" in Afrikaans onbelangrik of vergete sal raak nie - die lot van sy moeder se dagboeke (420). Só 'n houding sou nie vreemd wees vir 'n verloopte emigrant nie. Dit val egter op dat in sy ingeslote lys van vakkundige publikasies reeds lank voor die politieke omwenteling in sy vaderland die outeur by verre die meeste van sy publikasies op Engels geskryf het - waarskynlik (net) weens die internasionale aard van sy vakgebied. Vir 'n akademikus wat te kenne gee dat die ontwikkeling van sy moedertaal as akademiese vaktaal van wesenlike belang is, is dié kloutjie moeilik by die oor te bring. Dit is tog jammer dat ook dié outeur swig voor die drogargument dat 'n mens maar kan nalaat om op Afrikaans te publiseer want die Afrikaanssprekendes kan mos Engels (vii).

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2008/1/EJC55147
2008-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error