1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Gedagtes oor die hernuwing van die registrasie van sekuriteitsdiensverskaffers : aantekeninge

USD

 

Abstract

Dit spreek vanself dat die uitoefening van behoorlike beheer oor die private sekuriteitsbedryf van sleutelbelang is. Hierdie groot en gewapende bedryf moet beheer word sodat dit 'n betekenisvolle rol kan speel in die versekering van veiligheid en sekuriteit deur bevoegde en betroubare personeel asook dat dit nie self tot misdaad of onstabiliteit bydra nie. Volgens artikel 3 van die Wet op die Regulering van die Private Sekuriteitsbedryf 56 van 2001 ("die wet") sluit die hoofoogmerke van die Regulerende Owerheid vir die Private Sekuriteitsbedryf ("die regulerende owerheid") die volgende in : die uitoefening van effektiewe beheer oor die beoefening van die beroep van sekuriteitsdiensverskaffer in die openbare en nasionale belang; die bevordering van 'n legitieme sekuriteitsbedryf wat ingevolge die grondwet en ander toepaslike regsbeginsels handel; die bevordering van 'n sekuriteitsbedryf wat deur professionalisme, deursigtigheid, verantwoordelikheid en billikheid handel; die bevordering van stabiliteit in die bedryf; en die bevordering van die betroubaarheid van sekuriteitsdiensverskaffers.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2008/1/EJC55156
2008-01-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error