1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Financial constitutional law - a new concept in South Africa?

USD

 

Abstract

In federal systems of government the allocation of powers and functions to the different levels or spheres of government includes the issue of funding of the respective governments. The division of spending and funding responsibilities to each level of government is primarily done by way of appropriate constitutional provisions, which could be supplemented by ordinary legislation, convention and judicial interpretation. These issues all relate to the organisational part of constitutional law, compared to human rights issues, which represent another distinct part of constitutional law. These are the "traditional" divisions in constitutional law. However, the question raised by this article is whether the allocation of powers and functions and allocation of resources to various levels of government should not perhaps be included in a distinct part of constitutional law which is new in South Africa, namely financial constitutional law.


Die verdeling van magte en funksies in federale of multivlak-regeringstelsels sluit ook die toewysing van finansiële bronne aan die verskillende regerings in en hierdie verdeling van uitgawe- en finansieringsverantwoordelikhede word primêr grondwetlik gereël. Dit word gewoonlik aangevul met gewone wetgewing. Finansiële interowerheidsverhoudinge in federale stelsels funksioneer nie in isolasie nie maar binne 'n bepaalde sosio-ekonomiese en politieke konteks. Basiese ekonomiese beginsels sowel as ekonomiese beleid speel ook 'n rol in finansiële interowerheidsverhoudinge. Die rol wat die howe, spesifiek die grondwetlike hof, sowel as ander interowerheidsinstellings speel in die ontwikkeling en implementering van finansiële staatsreg is voorts van groot belang. Hierdie artikel ondersoek die erkenning van die konsep van finansiële staatsreg as 'n spesifieke afdeling van die staatsreg in Suid-Afrika. Finansiële staatsreg het 'n spesifieke multi-dissiplinêre karakter. Daar word geargumenteer dat finansiële staatsreg ten minste uit die volgende elemente bestaan, naamlik: ekonomiese en fiskale oorwegings in die ontwerp van finansiële interowerheidsverhoudinge in multivlak-regeringstelsels; die grondwetlike verdeling van finansiële bronne en uitgawefunksies tussen die verskillende regeringsvlakke of -sfere; die toepaslike finansiële en fiskale wetgewing wat uit die grondwet vloei; die wyse waarop wetgewing (grondwet sowel as gewone wetgewing) beleidsaspekte rakende finansiële interowerheidsverhoudinge hanteer; en die beregbaarheid van die regsbepalings wat met finansiële interowerheidsverhoudinge handel. Daar word dan aanbeveel dat hierdie konsep in Suid-Afrika erkenning behoort te kry.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2008/1/EJC55158
2008-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error