1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Kulturele en religieuse diversiteit moet gevier en nie gevrees word nie : regspraak

USD

 

Abstract

Die -saak sal waarskynlik vorentoe as die toonaangewende beslissing oor diversiteit in Suid-Afrika beskou word en dit nie net in onderwysverband nie en moontlik ook nie net ten opsigte van kulturele en religieuse diversiteit nie. In skerp teenstelling met die tendens in talle Wes-Europese state, het die grondwetlike hof by monde van hoofregter Langa uit sy pad gegaan om 'n soepel, verdraagsame, selfs inspirerende benadering tot die uitlewing van kulturele en godsdienstige diversiteit uiteen te sit. Die hof stuur met hierdie uitspraak 'n ondubbelsinnige boodskap uit dat dit nie onverdraagsaamheid jeens die uitlewing van kulturele en godsdienstige gebruike en tradisies sal sanksioneer nie en trouens moeite sal doen om diversiteit soos dit in die grondwet erken word, te beskerm en te bevorder.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2008/2/EJC55165
2008-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error