1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Who "owns" the country's mineral resources? The possible incorporation of the public trust doctrine through the Mineral and Petroleum Resources Development Act

USD

 

Abstract


Die 28 van 2002 is gebaseer op die beginsel dat die land se onontginde minerale hulpbronne die natuurlike erfenis is van alle Suid-Afrikaners. Deur die bepalings van artikel 3 word nuwe konsepte in die Suid-Afrikaanse mineraalreg, wat voorheen op privaat eiendomsreg in die Romeins-Hollandse gemenereg gebaseer is, ingevoer. Die fidusiêre verpligting wat op die staat geplaas word, tesame met die feit dat die minerale hulpbronne aan die nasie as geheel toegeskryf word, vertoon ooreenkomste met die Amerikaanse leerstuk. Ten einde te bepaal of hierdie leerstuk in die Suid-Afrikaanse mineraalreg neerslag gevind het, word 'n uiteensetting van die leerstuk gegee. Dit blyk uit die literatuurstudie dat hierdie leerstuk 'n regsfiguur is waardeur eiendomsreg van sekere bates in die staat, as beskermheer, vestig. Die staat moet hierdie bates uitsluitlik tot voordeel van die nasie en toekomstige generasies bestuur. Indien die Suid-Afrikaanse howe sal bevind dat hierdie leerstuk wel in die Suid-Afrikaanse mineraalreg geïnkorporeer is, sal dit beteken dat 'n van eiendomsreg wat sterk ooreenkomste vertoon met die gemeenregtelike -konsep hier te lande ontwikkel. Die inkorporering van die leerstuk hou implikasies in vir die Suid-Afrikaanse mineraalreg wat onder andere neerslag sal vind in die administrasie van die land se minerale hulpbronne en die regering se verpligting om as beskermheer op te tree.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2008/4/EJC55211
2008-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error