1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - International matrimonial property law : developments in the Netherlands, Europe and South Africa

USD

 

Abstract


Die onderhawige artikel handel oor ontwikkelings in die internasionale huweliksvermoënsreg in Nederland, Europa en Suid-Afrika. Die Haagse (1978) geld sedert 1 September 1991 in Nederland ingevolge die . Hierdie konvensie bevat 'n ingewikkelde en daarom ongewilde reëling. Dit geld slegs in Nederland, Frankryk en Luxemburg. Die outeur bestee besondere aandag aan die outomatiese verandering van die toepaslike regstelsel in sekere omstandighede. Sy bespreek resente Nederlandse uitsprake insake die konvensie. Sekere verwante aangeleenthede (wat in Suid-Afrika onder die persoonlike gevolge van die huwelik sou val) word in Nederland beheers deur die . Die skrywer bespreek 'n resente uitspraak van die te 's-Hertogenbosch oor die wet. Sy doen aan die hand dat die gemeenregtelike posisie in Nederland (soos vervat in die -uitspraak soos aangevul met redelikheid en billikheid in die -saak) te verkies is bo die huidige stand van sake. Die outeur verwys vervolgens na die Europese inisiatief tot die harmonisering van internasionaal-erfregtelike en internasionaal-huweliksvermoënsregtelike aanwysingsreëls. Sy lewer ten slotte 'n bydrae tot die debat in Suid-Afrika oor die toepaslike regstelsel ten aansien van die vermoënsregtelike gevolge van die huwelik na aanleiding van die ongerapporteerde uitspraak van die Transvaalse hooggeregshof in . Daar word aan die hand gedoen (i) dat alle eiendom, roerend en onroerend, deur dieselfde regstelsel beheers moet word; (ii) dat voorsiening gemaak moet word vir die wysiging van die tersake regstelsel ; en (iii) dat die regsreëls insake uitsettingsbevele gesien moet word as . Die skrywer laat haar egter nie uit oor die tersake koppelfaktor(e) wat die Europese normgewing sal kies nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2009/1/EJC55227
2009-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error