1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The constitutional right to academic freedom : an exploration into definition, scope and threats

USD

 

Abstract


Ten spyte daarvan dat die reg op akademiese vryheid in a 16(1)() van die grondwet gewaarborg word, ontvang die reg min aandag van skrywers en selfs minder erkenning van staatsweë. Daar is min waardering vir die juridiese betekenis van die grondwetlike basis van die reg. Daarbenewens is die neiging in die literatuur om akademiese vryheid tot hoër onderwys te beperk asof dit geen toepassing in skoolonderwys het nie. Met die grondwetlike status van die reg as vertrekpunt, is die oogmerk van die bydrae om die draagwydte van die reg op akademiese vryheid uit te brei en die belang daarvan vir alle vlakke van onderwys, insluitende skoolonderwys, te vestig. Die reg op akademiese vryheid word gevolglik ondersoek met verwysing na drie spesifieke vraagstukke, naamlik die omskrywing van die reg, die omvang of draagwydte van die reg en kontemporêre bedreigings wat die reg kan ondermyn. Daar word ten slotte aangevoer dat akademiese vryheid 'n sleutelelement is vir die bemagtiging van diegene wat in onderwys betrokke is om die beste moontlike onderwys vir ons jeug te verseker.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2009/1/EJC55228
2009-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error