1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The strange path of trust property at a trustee's death : theory and practice in the law of trusts

USD

 

Abstract


In die trustreg blyk dit soms asof daar 'n kloof tussen teorie en praktyk bestaan. Een voorbeeld hiervan kan voorkom waar 'n bepaalde trustpraktyk so goed funksioneer dat dit onnodig mag blyk om die teoretiese grondslag van die praktyk te ondersoek. Dan kan daar ook gevalle wees waar trustpraktyk eenvoudig heeltemal in stryd met aanvaarde trustteorie is. In die onderhawige artikel word hierdie fenomeen aan die hand van twee breë scenario's - en 'n aantal spesifieke vrae wat met elk verband hou - ondersoek.
In die eerste scenario word gekyk na die geval waar een van 'n aantal mede-trustees te sterwe kom. Nie een van die modelle rakende mede-eiendomsreg in die Suid-Afrikaanse reg kan die hantering van die oorgang van eiendomsreg in hierdie situasie bevredigend verklaar nie. Aan die hand van 'n regsvergelykende ondersoek na onderskeidelik die Engelse en die Skotse reg word die gevolgtrekking bereik dat die Engelse konsep van ''joint tenancy'' en die gepaardgaande ''rule of survivorship'' heel waarskynlik in hierdie konteks in die Suid-Afrikaanse reg aanvaar is.
Die tweede scenario handel oor die geval waar die enigste of die laaste trustee te sterwe kom. Ook hier word geargumenteer dat 'n beginsel van die Engelse reg wat in Suid-Afrika en Skotland aanvaar is - naamlik dat ''a trust will not fail for want of a trustee'' - 'n (minstens gedeeltelike) verklaring vir die oorgang van eiendomsreg verskaf.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2009/1/EJC55229
2009-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error