1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The Consumer Protection Bill : a few preliminary comments

USD

 

Abstract


Die Wetsontwerp op Verbruikersbeskerming word beskryf as 'n "handves van regte vir verbruikers" en lê die grondslag vir 'n era van verbruikers in Suid-Afrika. Dit behels 'n omvattende regsraamwerk wat die bevoegdhede van verbruikers en die verantwoordelikhede van verskaffers van goedere en dienste duidelik uiteensit. Die wetsontwerp is verreikend, ambisieus en die eerste van sy soort in Suid-Afrika. Enkele voorbeelde van die verreikende bepalings wat die sakewêreld wesenlik sal beïnvloed is diskriminerende bemarking; afkoel-periodes; teruggawe van goedere; kansellasie van vooraf-besprekings en bestellings; inligting in eenvoudige en verstaanbare taal; oor-verkoop en oor-bespreek (sg "over-selling and over-booking"); bêre-koop; promosies en kompetisies; veilings; piramiede skemas, lojaliteitsprogramme; verkoopsrekords; skriftelike verbruikersooreenkomste; onbillike of onredelike kontraksterme; waarborge; aanspreeklikheid vir skade wat deur goedere veroorsaak word; openbaarmaking van die prys van goedere; etikette; franseringsooreenkomste en bedrieglike skemas wat behels. Alhoewel meer omvattende verbruikersbeskerming in beginsel ondersteun word, is die wetgewing problematies. Die artikel gee 'n oorsig van die doel van die wetgewing, plaas dit in konteks met verwysing na ander wetgewing (bv die Nasionale Kredietwet en die Wet op Finansiële Advies en Tussengangerdienste) en lewer kommentaar op enkele bepalings.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2009/1/EJC55230
2009-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error