1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The regulation of share capital and shareholder contributions in the Companies Bill 2008

USD

 

Abstract


Die Maatskappywetsontwerp [B 61D-2008] beoog om die aandelekapitaalreëls van die huidige wet te hervorm. Wat die struktuur van aandelekapitaal betref, vereis die wetsontwerp dat die akte van inlywing die klasse aandele asook die getal aandele in elke klas uiteensit tesame met die voorkeure, regte en beperkings verbonde aan elke klas. Maatskappye word aansienlike vryheid gegun by die vasstelling van klasregte mits daar altyd minstens een klas aandele is wat onbeperkte stemreg verleen en minstens een klas wat die reg verleen om die netto bates by likwidasie te ontvang.
As gevolg van die afskaffing van die kapitaalinstandhoudingsbeginsel in 1999 het die noodsaak vir komplekse bepalings oor aandelekapitaalrekenings en nie-verdeelbare reserwes weggeval en die Maatskappywetsontwerp bevat dus geen voorskrifte in hierdie verband nie. Terselfdertyd word die wysiging van aandelekapitaal vergemaklik, hoewel sommige wysigings bestaande aandeelhouers op die uitkoopremedie geregtig maak.
Die wetsontwerp vereis dat daar altyd minstens een uitgereikte aandeel moet wees wat deur iemand anders as 'n maatskappy in dieselfde groep gehou word. Dit blyk 'n oorsig te wees dat hierdie aandeel nie een hoef te wees met onbeperkte stemreg of die reg op die netto bates by likwidasie nie. Die kwalifikasie ten opsigte van maatskappye in dieselfde groep is ondeurdag aangesien dit die bestaan van volfiliale bykans uitsluit.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2009/1/EJC55231
2009-01-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error