1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Reflections on the role of the managing agent in South African and Chinese sectional title (condominium) legislation

USD

 

Abstract


Ingevolge sowel die Suid-Afrikaanse as die Chinese deeltitelwetgewing het die regspersoon of die trustees (die uitvoerende raad in China) die bevoegdheid om 'n bestuurder aan te stel om die daaglikse bestuursaktiwiteite van die skema te behartig. In die praktyk word bestuurders feitlik vir alle skemas wat meer as 50 eenhede bevat, aangestel, veral met die oog op die hantering van potensiële finansiële probleme mbt die werksaamhede van die skema. Met die privatisering van residensiële huisvesting in China vertoon die Suid-Afrikaanse en Chinese deeltitelindustrie talle ooreenkomste. In beide gevalle neem die verstedeliking van die bevolking toe, styg die prys van deeleiendom met rasse skrede en strewe die onderskeie regerings daarna om die status van huiseienaarskap onder laer inkomstegroepe te versprei. Voorts steun sowel Suid-Afrika as China op 'n interne gedragskode om die bestuurder-industrie te reguleer.
Die outeurs vergelyk die Suid-Afrikaanse en Chinese stelsels mbt die regstatus van die bestuurder, die eienskappe en kwalifikasies van 'n goeie bestuurder, die aanstelling, vergoeding en funksies van bestuurders en die beëindiging van die aanstellingskontrak van 'n bestuurder. Daar bestaan naas die punte van ooreenstemming ook ooglopende verskille. Slegs 'n regsentiteit (bestuursmaatskappy) kan in China as bestuurder aangestel word. Daar word die aanstelling van bestuurders deur die ontwikkelaar in die tydperk voor totstandkoming van die bestuursregspersoon deur 'n openbare tenderproses voorafgegaan. Die tenderproses word deur die betrokke plaaslike owerhede beheer. Ten slotte word daarop gewys dat verskeie laerrang Chinese deeltitelskemas weens koste-oorwegings verkies om sonder die hulp van professionele bestuurders klaar te kom.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2009/1/EJC55232
2009-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error