1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Die Staat maai waar hy nie gesaai het nie : regspraak

Volume 2009, Issue 2
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract

Wanneer 'n uitspraak op appèl van 'n hof van eerste instansie geneem word na 'n volbank van die tersake afdeling van die hoë hof, kan normaalweg verwag word dat die regsadviseurs, die advokate betrokke in die geding soos ook die regbank die voordeel sal benut wat hulle gebied word om hul te vergewis van alle aangeleenthede wat op die appèl betrekking het en wat reeds eerder uitgelig én toegelig is. In die onderhawige uitspraak toon die hof by monde van regter Cillié (en waarmee sy ampsbroers Wright en Ebrahim volmondig saamgestem het), dat dit wel kon kennis geneem het van die kommentaar én regsargumente wat die uitspraak van die hof van eerste instansie (2007 4 SA 16 (O)) ontlok het. Die hof lys trouens van die kommentaar in ċ 1 ná sy opmerking "[t]he judgment attracted some comment in legal publications" (514), met verwysing na die volgende bydraes in tydskrifte : Sonnekus en Schlemmer (2007 TSAR 756 en 823); Van Niekerk (2006 120) en Schlemmer en Sonnekus (2008 : 7 22). Daarbenewens maak die hof gewag van enkele bladsye uit meer omvattende regswerke van Sonnekus [] (2008) 39 en Scott (2008) 222 en 223 (514). Benewens vir die aanteken van die bronne en die aanhaling sonder ontsenuwing van die argument daarin vervat uit 2007 832 (§ 34 op 523), bevat die uitspraak ongelukkig geen oortuigende aanduiding dat dié regbank inderdaad ook die regsargumente wat in die gelyste publikasies te berde was, gelees, oordink én met beter regsargumente ontsenu het nie. Dít laat wel die gevoel dat die alomerkende geleerde Lichtenberg (1742-1799) se waarneming van die instelling en optrede van sommige van sy tydgenote moontlik tog nie bloot 'n waarneming eie aan sy tyd was nie : "Es gibt wirklich sehr viele Menschen, die bloβ lesen, damit sie nicht denken dürfen" ( (1779-1789) 156).

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2009/2/EJC55236
2009-01-01
2017-04-25

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error