1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Lossingsdiskresie by alle retensieregte - grense herbevestig : regspraak

USD

 

Abstract

Sekerheidstelling ter versterking van 'n bestaande vordering teen 'n prestasiepligtige veronderstel altyd 'n sekere uitstaande verpligting deur die prestasiepligtige en dien, soos die begrip aandui, ter bykomstige versekering dat die reghebbende nie met leë hande agter die spreekwoordelike net sal vis sou betalingsonmoontlikheid by sy teenparty materialiseer nie. Daarbenewens versterk dit die vorderingsreghebbende se posisie in die geval van betalingstraagheid ook al het nog geen sameloop van skuldeisers na 'n daad van insolvensie deur die prestasiepligtige voorgekom nie. Nie alle sogenaamde sekerheidsregte verleen aan die reghebbende sonder meer 'n versekerde verhaalsaanspraak op die bepaalde objek nie. Die retentor, byvoorbeeld, het nie uit hoofde van sy terughoudingsbevoegdheid enige eksekutorale titel nie en mag in die Suid-Afrikaanse en die gemenereg nie sonder meer die saak verkoop ten einde uit die opbrengs sy uitstaande vordering te delg nie. (In die opsig verskil die regsposisie van die retentor in die Engelse reg wesenlik waar wel erken word dat sodanige vervreemdingsbevoegdheid aan die retentor verleen word - sien 1974 1 All ER 900 (CA) 902.) Nietemin verhinder selfs die terughoudingsbevoegdheid van die retentor dat die saak deur of namens 'n ander skuldeiser as verhaalsobjek in beslag geneem kan word ingeval van 'n sameloop van skuldeisers.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2009/2/EJC55240
2009-01-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error