1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Presidente, waarnemers en opvolgers : grondwetlike reëlings vir woelige politiek : aantekeninge

USD

 

Abstract

Die gedwonge bedanking van Mbeki en die verkiesing van Motlanthe as president in sy plek in September 2008 het fundamentele vrae laat ontstaan, en aansienlike verwarring gesaai, oor die aard van die presidentsamp, sy verhouding met die wetgewende gesag, die reëlings vir ampswaarneming en -opvolging en die rol van partypolitiek in die gebeure. Die aanvanklike reaksie was hoofsaaklik negatief en die media het die gebeure sonder meer as 'n krisis beskryf wat stabiliteit in die land kon verongeluk. Reeds voor Mbeki se bedanking het Wiechers selfs die moontlikheid ondersoek van 'n direk-verkose president in die plek van die huidige parlementêre uitvoerende gesag, en uiteindelik aanbeveel dat 'n seremoniële of, in Wiechers se terminologie, 'n titulêre staatshoofamp met 'n eerste minister as regeringshoof, heringestel moet word ("Die Suid-Afrikaanse presidentsamp - 'n konstitusionele turksvy" 2008 536; sien ook (30-09-2008)).

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2009/2/EJC55242
2009-01-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error